Leef stadiger, leef lekkerder: Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense. In Engels beskikbaar as go! Platteland.

Teken nou in

Gedrukte uitgawe

Laat die tydskrif tuis aflewer.

 

Net R336 vir 4 uitgawes

  • 40% afslag
  • Betaal R84 per tydskrif
  • aflewering ingesluit by die prys

Teken nou in

Digitale uitgawe

Kry jou tydskrif op jou rekenaar, tablet of slimfoon

 

Net R336 vir 4 uitgawes

  • 40% afslag
  • jou tydskrif is altyd byderhand
  • geen posgeld en geen gesukkel nie

Aanhaling

Uit die tydskrif 

daar is eintlik net twee soorte mense in die wêreld: Die eerste soort sal verveeld, moontlik selfs angstig, oor hierdie wye en dorre kliptapyt uitkyk en niks anders as leegte sien nie…Dan is daar die ánder soort: dié wat oneindige ruimte sien – ruimte om te dink, asem te haal en vry te voel. Wat gaan stil staan om hierdie Groot Niks van nader te bekyk.

–  Platteland Somer 2025/26, bl. 52

Sosiale media

Facebook & Instagram

Gesels saam met ander Platteland-lesers en kyk na hulle foto’s op Instagram!

1 week ago

Platteland
Min dinge sê “somer” soos die gesig van ’n goudgeel sonneblom. Dis hoekom Dan Enslin van die plaas The Neighbours omtrent 4 ha sonneblomme gesaai het: om dié vrolikheid met ander te deel, skryf Anri Matthee. Dan bedryf sedert 2019 ’n herlewingsplaas op ’n deel van die oorspronklike Welmoed-landgoed buite Stellenbosch, met die ondersteuning van sy vrou, Sam-Jamie. Die gedagte van ’n sonneblomfees het by hom posgevat ná ’n besoek aan die noordelike provinsies: As die blomme elders so mooi groei vir olieproduksie, hoekom nie ook in die Kaap as snyblomme nie?Die sonneblomsaad is reeds vroeg in Oktober gesaai. Nou moet Moeder Aarde die res doen sodat die blomme kort voor Kersfees geil sal staan om met die hand geoes te word. Jy kan jou eie snoeiskêr bring of een op die plaas huur. Dan beskou die Sonneblomfees as ’n proeflopie vir sy droom om die plaas in ’n seisoenale selfpluk-bestemming te omskep. “Ons beplan om oor die volgende paar jaar sowat 7 ha boorde te vestig, in kwadrante wat al om die seisoene blom. As jy byvoorbeeld in Mei kom kuier, sal jy steenvrugte en sitrus kan pluk. En as jy dan weer in die laatsomer kom, sal ons kernvrugte ryp wees. Elke seisoen sal sy eie plukfees hê.”Met uitgelese uitstallers, kos, wyn, musiek en kinderspeletjies op aanbod beloof die Sonneblomfees om ’n onvergeetlike gesinsuitstappie te wees – onthou tog die kamera vir kiekies tussen die blomme. Boonop is dit ’n gulde geleentheid om herlewingsboerdery in aksie te sien. “Ons wil vir mense wys hoe boerdery kán lyk in ’n tradisionele, heilsame omgewing.” Die eerste Sonneblomfees word op 20 en 21 Desember gehou op The Neighbours buite Stellenbosch (op die Annandalepad). Kaartjies kos R120p.p. by Webtickets (gratis vir o.12’s).(Foto's verskaf)#virjoudagboek #events #fees #sonneblomme #plukjoueie #myplatteland ... See MoreSee Less
View on Facebook

1 week ago

Platteland
“When I was a little boy, I used to run around these hills herding my father’s cattle,” says Siphelele Vumisa, gesturing towards the rolling green slopes of Macambini (which is under tribal authority) on KwaZulu-Natal’s North Coast, roughly 20 km from Tugela Mouth village. Behind him, in the distance, the Indian Ocean glistens, writes Hancu Louw.Today, these hills are home to a legacy in the making: 20 hectares of young macadamia orchards. And he has plans for more. At a little over 30 hectares in size, Siphelele’s farm is modest by commercial standards, but for his village, it’s a manifestation of what communal land can yield when ambition and persistence take root. “I matriculated here in 2000, and joined the South African Air force (SAAF) where I did my officership training. Officership training means leadership development in a more broad sense. In 2004 the Airforce awarded me a bursary to study mechanical engineering and I completed my degree in 2008,” he says. After working for the SAAF for a couple of years, Siphelele endured a stint with Rolls-Royce in the UK that brought him financial stability but little joy. “The money was really good, but I didn’t enjoy the lifestyle – being indoors all the time. I need the fresh air,” he says, dressed in South Africa’s unofficial farmer’s uniform: khaki shirt, shorts and vellies. Agriculture was always part of his DNA. “I come from a family of farmers. My father had cattle and goats, and my mother managed a plot of land where she grew sugarcane, sweet potatoes and tomatoes. Farming was never something I felt I needed to study; I’ve been doing it since I can remember. To be honest, it comes naturally.”What didn’t come naturally, though, was sugarcane, the dominant local crop. “There was sugarcane here, but I don’t like working with it. Too much childhood trauma: burning, cutting, loading and driving the tractor to the mill and back,” he says with a laugh. Instead, he set his sights on macadamias. “If you plant a tree, you plant a legacy, because that tree can feed your grandchildren. One day, my grandchildren will be able to say, ‘It was my grandpa who planted these trees.’” In 2020, in the midst of the Covid-19 pandemic, Siphelele planted his first 10 hectares. Establishing orchards is not for the faint of wallet. Industry body Macadamias South Africa (SAMAC) estimates costs at around R100 000 per hectare. Siphelele dug deep into his own savings. “I used my own money for the initial 10 hectares, because I knew that if I wanted to access more funding, I would need to show potential investors that I was committed.”That commitment opened doors. The Provincial Department of Agriculture backed his expansion to 20 hectares, and SAMAC partnered with him for another 10. All this on land he doesn’t own. Macambini falls under the Ingonyama Trust, which holds communal land in KwaZulu-Natal. “This means that I cannot own the land, but I can work and live here and earn an income, as long as I contribute to the community.”Read the rest of Siphelele’s story as well as another farmer showing that agriculture, when rooted in community, can grow far more than nuts. It can grow legacies. In our Summer issue now available in stores and online: bit.ly/3ORFsrr#entrepeneur #farmers #macadamia #myplatteland #growyourown #backtonature ... See MoreSee Less
View on Facebook

2 weeks ago

Platteland
Alles wat lekker is. Dis die indruk wat mens kry wanneer jy deur Spekboom Deli se deure stap — dat jy hier regte, egte huiskos en tuisgebak sal kry, alles met die hand gemaak, in ’n lushof van groen.Oral waar jy kyk, is daar spekbome — en potte waarin jy hulle self by die huis kan plant. Die spekboom is selfs gratis wanneer jy ’n pot koop.Lisa Venter het vir sestien jaar as projekbestuurder by Sasol op Secunda gewerk. Voor dit was sy vier jaar lank by PetroSA op Mosselbaai — en dalk het die omgewing nog altyd in haar bloed gebly. Op soek na beter geleenthede vir haar seun, het sy besluit om die groot sprong te waag en in Maart vanjaar Spekboom Deli oor te neem, toe dit nog onder vorige eienaarskap was.Die deli was toe in Voorbaai, oorkant Pet and Pool in Gericke Straat — waar baie mense ook nog die ou Baruch’s sal onthou. Hulle het op 1 April hul deure daar oopgemaak, maar einde Augustus het hulle na Brinkley’s Village geskuif: ’n kleiner, knusser ruimte wat beter by hul visie pas.“Hier is dit meer persoonlik,” vertel Lisa. “Die omgewing is kleiner, die band met ons kliënte sterker, en daar heers ’n vakansiegevoel. Voorbaai was meer industrieel, met min parkering en baie padwerke. Mense soek ons soms nog daar!”Spekboom Deli word as ’n egte familiebesigheid bedryf. Haar seun staan agter die koffiemasjien as barista, terwyl Lisa self agter die kospotte staan.Die groot trekpleister? Hul skons en muffins. Al neig die deli deesdae meer na ’n koffiewinkel toe, bly hul spek-, eier- en kaasbroodjie op tuisgebakte ciabatta (van ’n plaaslike bakker in Voorbaai) ’n gunsteling. Die plaatkoekies en gevulde pannekoeke is ideaal vir ’n vol maag voor ’n strandstap.Lisa voorsien ook kos vir funksies: braais, broodtafels en platters vir groepe van 30–40 mense.“Spekboomblare kan jy eet,” verduidelik sy. “Ek gebruik dit om my kosversierings en tafelversierings mee te doen. My hele winkel is vol spekbome — dis deel van wie Spekboom is.”Spekboom Deli in Klein Brak is oop:Maandae tot Vrydae: 08:00 – 16:00Saterdae: 08:00 – 14:00Sondae: 08:00 - 13:00.(Foto's: Verskaf)#supportlocal #kleinbrak #kontreikos #myplatteland #kleinbesighede ... See MoreSee Less
View on Facebook

Weggee

Wen

Skryf aanlyn in om in aanmerking te kom vir weggee-items in die tydskrif.


Praat saam

Kontak ons

Ons hoor graag wat jy op die hart het. Stuur gerus vir ons e–pos na helloplatteland@gmail.com of klik hieronder en vul die vorm in.

KONTAK