The slow life is the good life: Platteland celebrates the rural lifestyle and the entrepreneurial spirit of the people whose hearts belong to the platteland – whether they grew up in the countryside or are already based there, are contemplating making the move or simply hankering after the rural life. Platteland offers articles that focus on entrepreneurs, DIY projects, animals, gardening, food, towns and people. It is both practical and inspiring – as much of a visual feast as it is a celebration of great writing. Also published in Afrikaans as Weg! Platteland.

SUBSCRIBE NOW

Printed magazine

Have Platteland delivered to your doorstep

Only R384 for 4 issues

  • save 40%
  • free delivery included

SUBSCRIBE NOW

Digital magazine

Get your Platteland on your PC, tablet or smartphone!

Only R384 for 4 issues

  • you save 40%
  • your magazine is always at hand
  • no postal struggles, no hassles

QUOTE

From the magazine 

It’s high time for us to have more faith in what South African farmers and producers achieve. Our climate, soil and people deliver products of which we can be truly proud.”

–  Johan and Peter PLATTELAND Spring 2026, PAGE 4

Sociale media

Facebook & Instagram

Chat with other Platteland readers and look at their photos on Instagram!

 

23 hours ago

Platteland
Eindelose horisonne, bloekom- en dennebome teen ’n bloedrooi sonsondergang... dít was een laatmidddag die inspirasie agter hierdie fotokompetisie, skryf Annelise Vorster Meyer Artist.Ek het opgemerk hoe baie aandag mooi foto’s trek – oral in tydskrifte, op sosiale media en ook by uitstallings. Net soos ander ATKV-takke reël ons s’n op Loxton ook elke kwartaal ’n aktiwiteit, en die idee van ’n landwye fotografiekompetisie is oorweldigend positief ontvang. Ons doel was nie net om die mooiste foto’s van die Karoo in te sluit nie, maar ook om ons dorp as toerismebestemming te bemark. Uiteindelik het ons byna 100 inskrywings ontvang waarvan 88 aanvaar is. (Sommige mense het nie so mooi gelees nie en foto’s van ander dele van die land ingestuur.) Hier en daar het iemand getwyfel oor wat Eg Karoo beteken, en ons was self verbaas om te sien die Karoo is nie net die Groot- en Klein-Karoo nie, maar ook die Nama-Karoo, Sukkulente-Karoo, Tankwa-Karoo en ander dele van ons land wat ons nie eens geweet het as Karoo beskryf word nie.Die inskrywings het eers stadig ingekom, amper soos die eerste druppels van ’n reënbui, maar nader aan die sperdatum het die inskrywings veel vinniger begin instroom. Uiteindelik was dit moeilik om wenners te kies, maar ons hoof-beoordelaar, AB Rossouw van Badsberg- en De Groote Vlakte-wyne en sy span het ná baie kopkrap besluit Christoff Theunissen (kamera) en Myalan Wiese (selfoon) stap met die louere weg. Christoff se foto is ook as die algehele wenner aangewys. Aan diegene wat nié wenners is nie, wil ons sê dit was waarlik ’n moeilike keuse. Daar was nie een inskrywing wat sonder talent was nie. Hou asseblief aan om ons Karoo te fotografeer!Die name van die res van die wenners maak ons bekend in ons Lente-uitgawe, nou beskikbaar in winkels en aanlyn: bit.ly/3ORFsrr#karoolife #fotografiekompetisie #karoo #foto’s #myplatteland ...
View on Facebook (opens in a new tab)

2 days ago

Platteland
Die oumense het mos van die ashoop gepraat. Vandag is kompos ’n goeie manier om die afval wat uit jou kombuis kom van die stortingsterrein weg te hou, en die atmosfeer ’n blaaskansie te gee.Daar is deesdae ’n klomp maniere om kompos te maak. Daar is byvoorbeeld oulike “aerobins” waarin die komposproses met saagsels en goeie lugvloei versnel word. As sulke infrastruktuur egter nie jou beursie pas nie, is koue kompos die goedkoper en “lui” manier wat dalk beter vir jou sal werk.Hoewel hierdie metode langer kan neem – tot 12 maande – moet jy dit nie geringskat nie. Dis meer "hands-on" as wat ’n mens dink, en die regte verhouding tussen jou bestanddele is belangrik.Ons gee jou ’n maklike resep om jou eie kompos vir die tuin te maak:Eerstens: ken jou groen en bruin.Groen bestanddele is jou stikstofryke materiaal: grassnysels, groente- en vrugteskille, kombuisreste, koffiegronde, vars groen blare en plante, groen onkruid en hoendermis.Bruin bestanddele verskaf koolstof: droë blare, strooi, hooi, opgesnyde karton, toiletrolle, eierdoppe, koerantpapier (nie die blink soort nie), kleiner hoeveelhede saagsels en dun takkies.Vir elke een emmer groen materiaal voeg jy ongeveer twee emmers bruin materiaal by.Te veel nat materiaal kan jou kompos laat begin stink en vrot.Die geheim is lug. Draai dus jou kompos ongeveer een keer per week. As jy dit vinniger wil laat afbreek, kan jy dit elke drie tot vyf dae draai.’n Oulike manier om jou kompos te hou, is om ’n gewone ronde swart plastiekdrom te gebruik en gate aan die kante en onderaan te boor. Só kry die kompos broodnodige lugvloei. Geduld bly egter belangrik.Hoe weet ek dis gereed?Jou kompos is gereed wanneer dit donkerbruin en krummelrig is, ’n aangename aardse reuk het en jy nie meer die oorspronklike bestanddele maklik kan uitken nie. As dit nog soos kosreste of vars plantmateriaal lyk, gee dit nog ’n bietjie tyd. (Dankie aan Natasha Van Zyl vir jou insette hiermee)#diy #growyourownfood #backyardgardening #slowliving #myplatteland ...
View on Facebook (opens in a new tab)

5 days ago

Platteland
’n Klein wonderwerkie loop op die pad na Nieu-Bethesda toe rond. Johannes Gerber van Uitenhage het ’n week gelede saam met sy ma sneeu gaan soek en sommer gehoop hy kry ook ’n erdvark te sien. Sneeu sou egter meer waarskynlik wees, aangesien dié nagdiertjies selde in die dag uitkom ...Ongelukkig was die sneeu reeds gesmelt toe hulle by Lootsbergpas aankom. Johannes moes toe kies: die grondpad of eerder die teerpad terug huis toe? En daar, omstreeks 14:15, staan ’n erdvark reg langs die pad.Johannes het hom gevolg, en later agter ’n bos gaan sit en wag. Die erdvark het uiteindelik tot reg voor hom gekom – so naby dat hy hom kon hoor asemhaal – terwyl Johannes stilweg elke besonderheid op video vasgelê het.Vir Johannes was dit veel meer as ’n troosprys vir die sneeu wat hulle gemis het. Afdraaie en dinge wat nie volgens plan verloop nie, lei dikwels tot iets beters as waarvoor jy gehoop het.Hou net aan – die lewe verras jou dalk net.(Video deur Johannes Gerber )#sightings #goodnews #onsstories #myplatteland #goslow #nieubethesda #grondpad #detour #natuurlewe ...
View on Facebook (opens in a new tab)

Giveaway

Win

Enter online if you want to receive some of the free items we’re giving away in the magazine.


Your say counts

Contact

We would like to hear what’s on your mind. Please send an email to helloplatteland@gmail.com or click below and fill out the form.

Contact