Leef stadiger, leef lekkerder: Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense. In Engels beskikbaar as go! Platteland.

Teken nou in

Gedrukte uitgawe

Laat die tydskrif tuis aflewer.

 

Net R384 vir 4 uitgawes

  • 40% afslag
  • Betaal R96 per tydskrif
  • aflewering ingesluit by die prys

Teken nou in

Digitale uitgawe

Kry jou tydskrif op jou rekenaar, tablet of slimfoon

 

Net R384 vir 4 uitgawes

  • 40% afslag
  • jou tydskrif is altyd byderhand
  • geen posgeld en geen gesukkel nie

Aanhaling

Uit die tydskrif 

“Die boere in die omgewing is onsettend vrygewig met raad en hulp. As een boer ‘n nuwe tegniek ontwikkel om produksie te verbeter, dan deel hulle dit gou onder mekaar. Dis asof mense hier besef as dit goed gaan met jou buurman, sal dit goed gaan met jou.”

–  Anje van Dyk, Platteland Winter 2026, bl. 31

Sosiale media

Facebook & Instagram

Gesels saam met ander Platteland-lesers en kyk na hulle foto’s op Instagram!

1 week ago

Platteland
Soos baie van ons het jy dalk al net vinnig by die Total of die Engen FreshStop in Heidelberg gestop om padkos aan te vul op pad Tuinroete toe – of terug Kaap toe. Maar dis maar net die oortjies van die seekoei. Agter die vulstasies skuil ’n dorp vol kreatiwiteit, vakmanskap en interessante persoonlikhede. Loer gerus hierna, want Heidelberg is veel meer as net ’n plek waar jy jou motor vol brandstof maak. Dankie aan die fotograaf Arno en Seeff vir die deel van hierdie video.#heidelberg #smalltowns #ruralliving #ruralsouthafrica #myplatteland ... See MoreSee Less
View on Facebook

1 week ago

Platteland
Die Loxton-tak van die ATKV het vanjaar fotograwe uitgedaag om die Karoo deur hul lens vas te vang – of dit nou met ’n selfoon of ’n professionele kamera was. Die opdrag? Om egte Karoo-foto’s te neem. @ChristoffTheunnissen is as wenner van die kompetisie aangewys. In Platteland se Lente-uitgawe bied ons ’n ware fees vir die oog met sy wenfoto’s, asook dié van die naaswenners. Hier is solank ’n lusmakertjie. Christoff, wat op Muizenberg en Pringlebaai woon, sê hy het ’n sagte plekkie vir die plaas Bitterwater tussen Loxton en Victoria-Wes, waar dié foto's geneem is.Earlier this year, the Loxton branch of the ATKV challenged photographers to capture the essence of the Karoo – whether with a cellphone or a professional camera. @ChristoffTheunnissen was named the overall winner. In Platteland's Spring issue, we're treating readers to a visual celebration of his winning photographs, alongside those of the runners-up. Here's a little teaser. Christoff, who lives in Muizenberg and Pringle Bay, says he has a special place in his heart for the farm Bitterwater, situated between Loxton and Victoria West, where these photographs were taken.#Karoo #karoolife #kiekdiekaroo #myplatteland ... See MoreSee Less
View on Facebook

1 week ago

Platteland
“Ek het op Virginia, nie te ver hiervandaan nie, grootgeword en nie geweet van Hoopstad se bestaan nie,” erken Deseré en lag. Ses jaar gelede het sy die lowergroen valleie van Hluhluwe in KwaZulu-Natal waar sy predikant was, vir die mielielande van die Vrystaat verruil, skryf Hancu Louw. Sy het self in die Vrystaat grootgeword en sê die mense hier is anders. “Ek moes vinnig leer dat huisbesoek in ’n stroper of op ’n trekker kan gebeur.” Volgens haar is Hoopstad se wenresep die sterk band wat families wat geslagte lank saam boer met mekaar en die instellings op die dorp het.“Buiten die landbou is die skool, die sentrum vir bejaardes en die kerke uiters belangrik vir die inwoners,” verduidelik sy. “Deur dié instansies sorg mense vir mekaar en word daar hegte bande gesmee. Ek weet baie mense sê dit, maar op Hoopstad deel ons regtig mekaar se lief en leed.”Tog is dit nie ’n plek waar net jare lange inwoners tuis voel nie. “Ek sien gereeld nuwe gesigte in die kerk en daar is die afgelope paar jaar gedurig nuwe intrekkers. Anders as op so baie ander plattelandse plekke is hier vooruitgang.”Sy skryf dit toe aan die manier waarop inwoners in die dorp belê en eienaarskap daarvan neem. “’n Paar vroue het ’n jaar of wat gelede ’n dorpskrop gereël. Die inwoners van elke straat is verantwoordelik om hulle sypaadjies netjies en in stand te hou,” vertel sy oor ’n inisiatief wat die rommelvrye strate deur die dorp verklaar. “As daar nood is in die gemeenskap, kom die regte mense daarvan te hore en word daarop stil maniere hulp verleen. Ek praat nie net van kos en klere nie. Hier is meer as tien motors geskenk aan verdienstelike mense wat nood ervaar het sonder dat dit die koerante haal,” sê sy terwyl die kerkklok die middaguur inlui.Ontmoet nog van die hartlike mense wat op Hoopstad woon, in ons Winteruitgawe nou beskikbaar in winkels en aanlyn: bit.ly/3ORFsrr#onsmense #soutvandieaarde #mieliedriehoek #vrystaat #dominee #myplatteland ... See MoreSee Less
View on Facebook

Weggee

Wen

Skryf aanlyn in om in aanmerking te kom vir weggee-items in die tydskrif.


Praat saam

Kontak ons

Ons hoor graag wat jy op die hart het. Stuur gerus vir ons e–pos na helloplatteland@gmail.com of klik hieronder en vul die vorm in.

KONTAK