Leef stadiger, leef lekkerder: Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense. In Engels beskikbaar as go! Platteland.

Teken nou in

Gedrukte uitgawe

Laat die tydskrif tuis aflewer.

 

Net R384 vir 4 uitgawes

  • 40% afslag
  • Betaal R96 per tydskrif
  • aflewering ingesluit by die prys

Teken nou in

Digitale uitgawe

Kry jou tydskrif op jou rekenaar, tablet of slimfoon

 

Net R384 vir 4 uitgawes

  • 40% afslag
  • jou tydskrif is altyd byderhand
  • geen posgeld en geen gesukkel nie

Aanhaling

Uit die tydskrif 

“Dis hoog tyd dat ons meer vertroue kry in wat Suid-Afrikaanse boere en produsente vermag. Ons klimaat, grond en mense lewer produkte waarop ons met reg trots kan wees.“

–  Johan en Peter, Platteland Lente 2026, bl. 4

Sosiale media

Facebook & Instagram

Gesels saam met ander Platteland-lesers en kyk na hulle foto’s op Instagram!

4 days ago

Platteland
Sy is ’n bekende gesig op Platteland se tuinbladsye en deel graag haar kennis van tuinmaak in jou eie voorstedelike agterplaas met ons. Natasha (of Tash) van Zyl is die eienaar van ’n kostuin in die hartjie van Durbanville en die stigter van VanZylStead, die platform waarop sy haar kennis en ervaring deel.Die gesin het in 2014 in hul huis ingetrek. Ná haar seun met stil epilepsie gediagnoseer is, het hulle baie meer begin let op wat hulle as gesin eet – en waar hul kos vandaan kom. Die gevolg? Hul grasperk én selfs hul swembad moes plek maak vir groente, vrugte, kruie en blomme. (Ons deel die volle verhaal in ons Somer-uitgawe!)Tash vertel: “Ek het stadig maar seker begin om my eie groente te kweek. En glo my – ek het BAIE foute gemaak, baie tyd gemors en beslis ook baie geld gemors! Maar ek was vasbeslote om te leer hoe ons meer van ons eie kos suksesvol kon kweek.“Aanvanklik wou ek net ons reis met ander mense deel, maar ek het vinnig besef daar is ’n groot gaping tussen die kwekery en die huis. Dit het ’n groot passie van ons geword om daardie gaping kleiner te maak en meer mense aan te moedig om hul eie kos te kweek.“Jy hoef nie groot te begin nie. Begin klein, leer soos jy gaan en kweek elke seisoen ’n bietjie meer. Ek glo ook hoe meer kos ons in ons eie tuine kweek, hoe meer help ons ons kinders om ’n liefde en respek vir kos te ontwikkel – en om ’n gesonder verhouding met die oorsprong van hul kos te hê.”’n Groentetuin is egter nie net ’n plek waar ’n mens swoeg en sweet nie, sê Tash.“Toe ons die laaste grasperk uitgehaal het, het mense waarskynlik gedink dis nou maplotterville hier binne, maar ek het nog altyd geglo ’n groentetuin moet netjies en aantreklik wees vir die oog. Dit moet ’n toevlugsoord wees waar jy kan kuier en rus, maar ook droom oor wat jy volgende waar gaan plant.”🌱 Is jou blommekroon gereed vir Tuindag?Dis weer daardie tyd van die jaar wanneer jy die harke, grawe en snoeiskêre kan wegsit en terugstaan om jou harde handewerk te bewonder.Tuindag is hierdie Sondag, 18 Oktober, en vanjaar se tema is Tuin tot Tafel. Raak kreatief met babagroente en eetbare blomme wanneer jy jou blommekroon maak.Wys gerus vir ons jou kroon in die kommentare hieronder! 🌸#backyardgardening #grownyourown #gardenday #slowfood #myplatteland ...
View on Facebook (opens in a new tab)

5 days ago

Platteland
Groenvye is in seisoen! Van nou tot min of meer middel Desember sal jy hulle op die winkelrakke sien, of daardie soet reuk herken wat soveel herinneringe oproep wanneer die vye in die potte kook. Of jy nou konfyt daarvan maak, dit in ’n lekker vars somerslaai gebruik, saam met ’n beskuitjie en camembertkaas eet, in die son droog as ’n snoepie, vries om later in jou Kersvrugtekoek te gebruik, of selfs die blare gebruik om vleis in toe te draai – daar is heelwat wat hierdie lekkerny jou kan bied. Dis boonop ryk aan vesel, wat goeie spysvertering ondersteun. Soek dit gerus by 'n padstal naby jou.Green figs are in season! From now until around mid-December, you should be able to find green figs on shop shelves – or catch that sweet, familiar scent of figs bubbling away in a pot, stirring up memories of homemade preserves. Whether you turn them into jam, toss them into a fresh summer salad, enjoy them with a biscuit and Camembert, dry them for a sweet snack, or freeze them to add to your Christmas fruitcake later, there’s plenty you can do with this seasonal treat. You can even use the leaves to wrap meat before cooking. Green figs are also a good source of fibre, which helps support healthy digestion. Keep an eye out for them at a farm stall near you!(Foto met dank aan Die Bloubakkie /Amanda Swanepoel)#nuus #whatson #gebeure #seisoenaal #figseason #myplatteland ...
View on Facebook (opens in a new tab)

6 days ago

Platteland
“Die Hardemanskaroo is nog altyd ’n taai wêreld,” vertel Mia Louw op die plaas Leeufontein sowat 25 km wes van Carnarvon. “Jy word hier grootgemaak met spaarsamigheid en respek vir die natuur. Om te mors is net so ’n groot sonde soos steel. Want ’n droogte kan enige tyd begin en alles by jou vat,” skryf Willem van der Berg. As kind op Leeufontein het sy die stories van haar ouers, Andries en Freda Louw, geglo, maar nie regtig geweet hoe erg dit kan wees nie. “Maar toe sien ons met die laaste droogte [tussen 2012 en 2022] hoe lyk dit as hier niks meer veld oor is nie en boere nie meer hulle voerrekening kan betaal nie. Dit het gevoel of dit nooit weer gaan reën nie. Nou verstaan ek hoekom die mense hier so bang is vir sulke tye.”Tog het Mia ná hoërskool en haar studie in die Boland in geleentheidsbestuur en bemarking gekies om terug te kom na die warmgebakte kliprante, stil ooptes en stofpaaie van haar jeug. “As ek R100 kon kry vir elke keer wat iemand my vra ‘Hoekom bly jy daar?’ of ‘Wat maak jy daar?’, dan kon ek dalk al my eie stukkie grond gekoop het.” Sy lag, maar sê dan met ernstige oë en ’n amper biddende stem: “Ek weet nie wat ek sal maak as ek nie meer hier kan bly nie...”Hoewel Mia nie omgee om met enigiets in haar pa se merino- en angoraboerdery te help nie, het sy nie noodwendig plaas toe gekom om self te boer nie. “Ek is nie pieperig nie. Ek kan enige tyd op ’n perd spring, skape bymekaar maak en by die skeerhok werk, maar ek hou ook daarvan om mooi en vroulik te lyk. Daarom het ek aan iets probeer dink wat ek op die plaas kan doen waarvoor ek nie ’n oorpak hoef aan te trek nie en wat ook nie by die boerdery inmeng nie.” In haar studiejare het Mia baie met blomboere te make gekry en besef dit is iets wat sy kan doen en wat op ’n baie klein deel van die plaas sal inpas. Maar die eerste saadjies is eintlik deur haar ma, Freda, en ouma May gesaai. “My ouma het ’n wonderlike tuin gehad. Ek onthou as jy ingery het na die plaashuis toe, was daar oral net blomme. Pragtige groot rose. Massiewe dahlias. Sy was amper altyd êrens tussen haar blomme met haar handskoentjies aan en haar hoedjie op. In die huis het dit altyd na vars blomme geruik. My ma het ook ’n lieflike groot tuin op Leeufontein. In droogte tye is dit die plek waar ons asem skep en weer ’n bietjie moed kry.“Daar was altyd blomme om my, en ek het van kleins af gesien hoe my ma en ouma bosse blomme uitdeel en by die kerk en ouetehuis neersit. Dit het vir my gevoel soos ’n tradisie wat ek wil voorsit.” Ná ouma May se dood het bokse met van haar besittings en dokumente op Leeufontein se solder beland. Dit is hier waar Mia ’n paar jaar gelede op ’n boekie afgekom het waarin May aantekeninge oor haar tuin gemaak het – spesifiek hoekom dahlias in die Karoo aan die lewe te hou. “Dit was só spesiaal om dit te kon lees... ek het toe geweet ek wil ook my gemeenskap met blomme kan verras en hulle dag opvrolik.”Lees hoe Mia en nog twee ander vroue dit regkry om met groot sukses met blomme in die Karoo te boer, in ons Lente-uitgawe nou in winkels en aanlyn: bit.ly/3ORFsrr#entrepeneur #smallbusiness #supportlocal #flowerfarm #hardemanskaroo #myplatteland ...
View on Facebook (opens in a new tab)

Weggee

Wen

Skryf aanlyn in om in aanmerking te kom vir weggee-items in die tydskrif.


Praat saam

Kontak ons

Ons hoor graag wat jy op die hart het. Stuur gerus vir ons e–pos na helloplatteland@gmail.com of klik hieronder en vul die vorm in.

KONTAK